• Tuisblad
  • Nuwe leerders
  • Nuusbriewe
  • Kontak Ons
  • Uit die Hoof se kantoor
  • Beheerliggaam
  • Personeel
    • Dagbestuur
    • Leierspan
    • Graadleiers
    • Vakspanne
    • Administratiewe personeel
    • Terreinpersoneel
  • Leerderraad
  • Leerderprestasies
  • Akademie
    • Top 10
    • Matriekuitslae
    • Prysuitdeling
    • Vakkeuses
  • Kultuur
    • Toneel
      • Senior toneel
    • Kabaret
    • Eisteddfod: Musiek
    • Eisteddfod: Woordkuns
  • Sport
    • Atletiek
      • Byeenkomste
      • Uitslae
    • Buitesport
    • Dogtershokkie
      • Gebeure
      • Oefentye
      • Wedstrydbepalings
      • Uitslae
    • Gholf
      • Toernooie
    • Krieket
    • Muurbal
      • Provinsaal
    • Netbal
      • Uitslae
      • Oefentye
    • Swem
      • Provinsiaal
    • Rugby
      • Gebeure
      • Oefentye
      • Wedstrydbepalings
      • Uitslae
    • Seunshokkie
      • Gebeure
      • Wedstrydbepalings
      • Oefentye
      • Uitslae
  • Algemene inligting
    • So het ons begin
    • So leef ons
    • Finansies
  • Gebeure
    • Loer-en-proe
    • Opedag
    • Matriekfunksie
    • Mej HS Strand
      • Finaliste
    • Kaskarre
  • Vereningings
    • Ti Amo
      • Bestuur
      • Dagboek
      • Verslagewing
    • Natuurleweklub
      • Oranjerivier
  • Fotogalery
    • Oranjerivierroei
    • Opedag
    • Kaskarre
    • Valentynsbal
    • Mej HS Strand
    • Feesbekendstelling
    • Interskole
    • Kuikenkonsert
    • Matriekfunksie
    • Kleurebyeenkoms
    • Kuikenoriëntering
    • Bellvillebyeenkoms

Tuisblad

‘n Terugblik in die Hoërskool Strand se geskiedenis: Deel 2

Mnr. M.J. (Matie) Odendaal het as eerste hoof van die Hoërskool Strand die skool letterlik en figuurlik op vaste fondamente gevestig. En op watter besondere wyse het hy nie daarin geslaag nie.

Daar is reeds in 'n vorige artikel beskryf hoe hy die skool in 'n gewone woonhuis begin het, toe die bou van die nuwe skool en skoolsaal deurgesien het en die terrein ontwikkel het. Maar die besondere eienskappe waaroor hy beskik het, het ook ander fondamente gelê, waarop sy opvolgers kon voortbou.

Onderwysers wat onder mnr. Odendaal skoolgehou het, praat steeds met die grootste waardering van hom as eerste hoof van ons skool. So getuig mnr. Danie Joubert, wat sedert Januarie 1964 'n onderwyser by Hoërskool Strand was en later as senior adjunkhoof hier afgetree het: “ Mnr. Odendaal was 'n 100% skoolhoof. Hy het nie veel gelag nie, maar hy het te alle tye volle beheer gehad oor alles wat in die skool aangegaan het en die personeel en leerlinge het die grootste respek vir hom gehad. As hy 'n mening uitgespreek het of 'n opdrag gegee het en iemand sou vra: 'Hoekom?' sou hy antwoord: 'Daar is redes voor. Punt.'”

Mnr. Flip Potgieter wat as assistent hier begin het en as adjunkhoof hier afgetree het: “Met sy sterk persoonlikheid en sin vir orde en dissipline kon jy jou nie 'n meer ideale keuse vir die rol van 'n leier indink nie. Sy stempel vir korrektheid en deeglikheid is op baie lewens afgedruk. Sy sin vir presisie was ook alombekend. Voor 'n prysuitdeling het hy met 'n spesiale stok die spasies tussen die rye saalstoele gemeet om te verseker dat dit korrek en eenders was.”

Mnr. Marius van Zyl wat ook as assistent hier begin het en as adjunkhoof hier afgetree het: “Sy lojaliteit aan die skool en sterk strewe om van die skool een van die uitsoekskole te maak was vir my as jong onderwyser 'n inspirasie. As hoof het hy sterk gestaan teen enigiets of enigiemand wat die skool skade kon berokken.”

Dit blyk verder duidelik uit al die vertellings dat mnr. Odendaal groot waarde geheg het aan stiptelikheid en goeie tydsbenutting. Omdat daar kommer was oor die tyd wat verlore gegaan het met klaswisseling tussen periodes, en die feit dat leerders soms lang paaie gekies het, het hy mnr. Piet Faasen, wat ook baie jare aan die skool verbonde was, opdrag gegee om met 'n stophorlosie die tydsduur te bepaal om van kamer 11 tot by die biblioteek te stap. En daarna vra hy toe: “Meneer, het jy onthou om twee minute by te tel vir die seuns wat gou by die toilet inglip?”

Weer mnr. Potgieter: “Mnr. Odendaal het die tuig aan die einde van 1968 neergelê, voordat, in sy eie woorde, mense begin vra: 'Wanneer begin u dink aan aftree?’ Die getal leerders het in hierdie tyd tot 407 aangegroei en die personeel tot 20.”

Mnr. Odendaal is in 1995, twee dae voor sy 86ste verjaardag, oorlede, maar sy bydrae as grondlegger van 'n baie besondere skool in die Helderbergkom, sal bly voortleef. Die stempel wat hy afgedruk het, was 'n vorming- en slypskool wat die leerders en onderwysers se lewens verander en verryk het.

© 2008 Hoërskool Strand admin@strandhigh.co.za (021) 853 1056